Gelofte Skool is ‘n Afrikaanse Skool in Durban, geleë in die woongebied Ashley in Pinetown. Ons streef daarna om te verseker dat onderwys vir die Afrikaanse gemeenskap van die Highway- gebied van hoogstaande gehalte is.
ONS VERBIND ONS TOT:
- Gebalanseerde, gehalte, leerdergerigte onderwys.
- Afrikaans as onderrigmedium.
- Bevordering van die vennootskapsbeginsel tussen skool en gemeenskap.
- Handhawing van gesonde finansiële bestuur. ONS PRESTEER!!
Dit is vir ons aangenaam om aan te kondig dat ons die eerste skool in KZN is wat ‘n “UITSTEKEND” gradering ontvang het vir die Totale Skool Evaluering.
Baie geluk aan ons matrieks van 2018 met hul 100% slaagsyfer en 82% universiteitsvrystelling. ‘n Besondere woord van gelukwense aan al die top presteerders en in die besonder aan ons Dux, Franco Baard. Ons is trots op hierdie matriekgroep en wens hulle alles van die beste toe met hul toekomsplanne.