Grade 1 – 7 Dogters
- Groen en wit geruite rok met donkergroen kraag, sak en omboorsel om moue. Die skoolwapen word op die sak aangebring. Alle dogters moet die bottelgroen ski-broek, wat beskikbaar is by die klerewinkel, onder hul rokke dra
- Wit kort sokkies/swart sykouse/swart wolkouse.
- Swart skoolskoene (Opsioneel)
- Swart sykouse (44 of 60 decitex asook geribde swart wolkouse)
- Alle leerders kan kaalvoet skool toe kom of met sporttekkies indien hulle ‘n sweetpak aanhet. Indien leerders formele skoolfunksies bywoon, bv. koorlede, moet swart skoolskoene egter gedra word.
- Bottelgroen trui of oortrektrui. ʼn Trui mag onder ʼn sweetpakbaadjie gedra word, maar nie alleen saam met ʼn sweetpakbroek nie.
- Skoolsweetpak met wit knopies skoolhemp met sakwapen of ʼn Gelofte groen kraag gholfhemp en sporttekkies.
- Provinsiale-/sone-/streek drag (formeel) wat verwerf is deur die opname in ‘n provinsiale-/sone-streek sportspan of die landsdiensbaadjie mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word. Indien die drag slegs ‘n sweetpakbaadjie behels moet dit saam met skooldrag gedra word.
- Eerstespanbaadjies mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word deur leerders wat aan drie of meer wedstryde/byeenkomste vir ‘n eerstespan deelgeneem het.
Kontak A-Team Uniforms
- loffieklerekas@gmail.com
- 083 382 7599
Grade 1 – 7 Seuns
- Grys kortbroek
- Wit kortmou hemp met sakwapen
- Grys kniekouse
- Swart skoolskoene (Opsioneel)
- Alle leerders kan kaalvoet skool toe kom of met sporttekkies indien hulle ‘n sweetpak aanhet. Indien leerders formele skoolfunksies bywoon, bv. koorlede, moet swart skoolskoene egter gedra word.
- Bottelgroen trui of oortrektrui. ʼn Trui mag onder ʼn sweetpakbaadjie gedra word, maar nie alleen saam met ʼn sweetpakbroek nie.
- Skoolsweetpak met wit knopies skoolhemp met sakwapen of ʼn Gelofte groen kraag gholfhemp en sporttekkies.
- Provinsiale-/sone-/streek drag (formeel) wat verwerf is deur die 39 opname in ‘n provinsiale-/sone-streek sportspan of die landsdiensbaadjie mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word. Indien die drag slegs ‘n sweetpakbaadjie behels moet dit saam met skooldrag gedra word.
- Eerstespanbaadjies mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word deur leerders wat aan drie of meer wedstryde/byeenkomste vir ‘n eerstespan deelgeneem het.
Grade 8 – 12 Dogters
Die skooldas, matriekdas of top-3 akademiese das, mag in die somer of winter saam
ʼn dashemp gedra word.
- Bottelgroen plooilose romp
- Wit kortmou of langmou hemp met groen omboorsel en sakwapen. Die hemp mag nie aan die onderkant uitsteek indien ‘n trui gedra word nie.
- Bottelgroen skooldas/matriekdas/top-3 akademiese das
- Wit kort sokkies / Swart sykouse (44 of 60 decitex)
- Swart skoolskoene
- Bottelgroen kleurbaadjie met sakwapen
- Bottelgroen skooltrui sonder embleme - die trui se mou mag nie gate in hê nie
- Bottelgroen oortrektrui (Slegs by skool beskikbaar)
- Leerders wat aan drie of meer wedstryde deelgeneem het vir ‘n sekondêre eerstespan mag die voorgeskrewe serp op ‘n daaglikse basis dra. Die afrigter mag na eie oordeel besluit om nie die serp toe te ken nie. Die punte van die serp mag nie laer hang as die leerder se heupe nie
- Provinsiale-/sone-/streek drag (formeel) wat verwerf is deur die opname in ‘n provinsiale-/sone-streek sportspan of die landsdiensbaadjie mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra 40 word. Indien die drag slegs ‘n sweetpakbaadjie behels moet dit saam met skooldrag gedra word.
- Eerstespanbaadjies mag op die laaste Vrydag van elke maand gedra word deur leerders wat aan drie of meer wedstryde/byeenkomste vir ‘n eerstespan deelgeneem het.
- Slegs vleeskleurige- of wit onderklere mag gedra word onder die skoolhemp.
- Leerders mag die voorgeskrewe bottelgroen serp dra. Die punte van die serp mag nie laer hang as die leerder se heupe nie.
Grade 8 – 12 Seuns
- Grys flannel lang- of kortbroek met swart gordel. Die gordelgespe mag nie uitspattig wees nie en broeke moet gordellussies hê.
- Wit kortmou hemp met sakwapen of wit langmou hemp met das. (moue afgerol)
- Bottelgroen skooldas/matriekdas saam met langmouhemp of kortmouhemp.
- Swart skoolskoene
- Grys kouse of lang grys kouse saam met kortbroek.
- Bottelgroen kleurbaadjie met sakwapen
- Bottelgroen skooltrui sonder embleme of oortrektrui - die trui se mou mag nie gate in hê nie.
- Leerders wat aan drie of meer wedstryde deelgeneem het vir ‘n sekondêre eerstespan mag die voorgeskrewe serp op ‘n daaglikse basis dra. Die afrigter mag na eie oordeel besluit om nie die serp toe te ken nie. Die punte van die serp mag nie laer hang as die leerder se heupe nie.