In Gelofte kry die woord “vriendskap” nuwe betekenis. Dit is algemeen dat ‘n Loffie se vriendekring oor al die grade strek. Met ‘n atmosfeer van geesdrif, kameraadskap en lojaliteit wat heers in hierdie skool, is dit voorwaar ‘n voorreg om ‘n Loffie te wees!

 

Ons dissipline, respek en netheid spreek van wie ons is en waartoe ons in staat is.

 

Met ons vertroue gevestig in die Here, glo ons in onsself en werk ons hard om ons persoonlike en gesamentlike doelwitte te oorwin.

 

Hier by Gelofte begin ons bou aan die drome wat ons koester vir die toekoms!