Gelofte Skool gaan Dinsdag 18 Feb en Woensdag 19 Feb 2020 wateronderbrekings ervaar omdat Etekwini Munisipaliteit herstelwerk aan waterpype in die streek gaan doen.

Die skool beskik oor tenks wat water aan die sekondêre seuns-, primêre dogters- en die sportbadkamers lanks die rugbyveld verskaf.

Leerders moet asb genoeg drinkwater saambring,

omdat die skool se water in die tenks, nie geskik is om te drink nie. Leerders moet genoeg water saambring om gedurende die skooldag EN na sport te gebruik.

Ons versoek u ondersteuning en samewerking in hierdie ongerieflike omstandighede.

Groete

MS Martin
Skoolhoof (Waarnemend)

No Comment

Comments are closed.