Die verteenwoordigende leerderraad het besluit om ‘n sportdag te reël waartydens ouers, oud-Loffies, personeel en huidige Loffies teen mekaar raakrugby en hokkie speel. Hierdie wedstryde sal plaasvind op Saterdag, 25 Maart 2017 vanaf 08:00.
Indien u wil deelneem moet u asseblief per e-pos aandui of u hokkie en/of raakrugby wil speel. Stuur onderstaande inligting na gelofte@gelofte.co.za. Ons benodig die volgende inligting:
Is u ‘n huidige ouer of ‘n oud-skolier?
Gaan u deelneem aan die raakrugby?
Gaan u deelneem aan die hokkie?
Sou u belangstel om na afloop van die wedstryde te braai indien die skool die vure verskaf?
Vriendelike groete
DJ Strydom
Skoolhoof
No Comment