1. Vanaf vandag 18 Maart 2020 sal daar per graad Akademiese Inligtingsgroepe op Whatsapp opgestel wees.
Gr.1-7 se groepe is klaar opgestel.

Die spesifieke skakels is per epos versprei. Indien u nie daardie epos gekry het nie, kontak ons asb sodat ons dit vir u kan deurgee.

Hierdie inligtingsgroepe is daar om te verseker dat personeel gedurende die vakansie huiswerk, opsommings, afbakenings en assesseringsinligting aan leerders kan stuur sodat leerders kan voorberei vir enige take, toetse, projekte en assesserings wat beplan word vir kwartaal 2. Ons vra dat ouers hierdie inligting met die leerders sal deel en toesien dat aandag daaraan gegee word. Ouers het tot Woensdag 25 Maart om aan te sluit by hierdie groepe voordat ons inligting begin stuur. Ouers moet asb. nie hierdie groepe verlaat nie, omdat dit die kommunikasie kanaal vanaf die skool baie vergemaklik.

Sekere vakpersoneel en leerders is alreeds op whatsapp-groepe sodat hulle in direkte kontak kan wees.

No Comment

Comments are closed.