1. BELANGRIKE DATUMS VIR 2020 EN 2021

DATUMS KAN OP KORT KENNISGEWING VERANDER.

14 DESEMBER GRAAD 7-AFSKEID EN PRYSUITDELING IN DIE SKOOLSAAL  (SAAM MET OUERS) – 09:00 TOT 11:00

15 DESEMBER RAPPORTE AAN LEERDERS 7:00 TOT 8:00.
SKOOL SLUIT VIR DIE JAAR.

Gelofte se kalender sal binnekort op D6 beskikbaar wees.

25 JANUARIE 2021 – DIE SKOOL HEROPEN VIR PERSONEEL

27 JANUARIE 2021 – DIE SKOOL HEROPEN VIR LEERDERS

27 – 29 JANUARIE GR.8 ORIËNTERING

27 – 29 JANUARIE PROEWE VIR AANDREEKS EERSTESPANNE

29 JANUARIE GR.1 FOTODAG – EERSTE SKOOLFOTO’S

2 FEBRUARIE GR.12 INLIGTINGSAAND 18:00

3 FEBRUARIE GR.1-7 INLIGTINGSAAND 18:00

4 FEBRUARIE GR.8 GROENTJIEKONSERT 18:00

5 FEBRUARIE GR.4-7 INTERHUIS SWEMGALA

18 FEBRUARIE AANDREEKS VIR PRIMÊRE SPANNE BEGIN
19 FEBRUARIE AANDREEKS VIR SEKONDÊRE SPANNE BEGIN

(Alle datums en skoolaktiwiteite is onderhewig aan COVID-19 regulasies. Aktiwiteite mag moontlik uitgestel of afgestel word as gevolg hiervan.)

2. 2021 SE VOORUITSIGTE – EERSTE SKOOLDAE

Die Departement het nog nie goedkeuring gegee dat Gelofte Skool mag terugkeer na 100% kapasiteit nie. Ons hoop om binnekort ʼn antwoord van hulle te ontvang.

ʼn Omvattende brief rakende die eerste skooldae en dit wat gaan gebeur, sal voor die skooljaar begin, aan ouers beskikbaar gestel word op D6 Communicator.

3. 2021 SPORT- OEFENINGE EN AFRIGTERS

Ons glo dat oefeninge gedurende 2021 sal terugkeer na normaal. Oefeninge in 2021 sal vroeg in Februarie begin.

ONS BENODIG AFRIGTERS: Ons is nog steeds opsoek na ouers wat kan help as afrigters by die volgende ouderdomsgroepe:
Kwartaal 1 (Februarie en Maart) Krieket: O/7, O/8, O/9, O/10 en O/11
Kwartaal 2 (April en Mei) Rugby: O/7, O/8, O/9 en O/10

Sonder betroubare ouers kan leerders nie suksesvol afgerig word nie
Kontak asseblief vir mnr. Rheeder by gssport@gelofte.co.za indien u kan help.

4. SPORTOEFENING EN VOORBEREIDING VIR AANDREEKS 2021 – EERSTESPANNE

Dankie vir al die spanne en spelers wat die afgelope paar weke geoefen het. Ons sal proewe die eerste drie middae van skool in 2021 (27, 28 en 29 Januarie 2021) hou.

5. BELANGRIKE INLIGTING – D6 COMMUNICATOR

• Gelofte se skoolkalender.
• Nuwe of aangepaste beleide.
• COVID-19: VEILIGHEIDSMAATREËLS OP DIE SKOOLTERREIN VIR OUERS (Later beskikbaar)
• Die skryfbehoeftelyste.

6. SKOOLBEHEERLIGGAAM – VERKIESING MAART 2021

Gedurende die maand van Maart 2021 sal die verkiesing van nuwe beheerliggaamlede geskied.
Die datum en die formaat wat die verkiesing sal aanneem, sal voor 15 Februarie 2021 aan alle ouers bekend gemaak word.

7. AANPASSINGS TOT BELEIDE

Die volgende beleide is aangepas en sal binnekort op D6 beskikbaar wees.

  • Akademiese Inligtingsboekies – Graad 4 tot 12.
  • Leerderraadsverkiesing van graad 6- en 11 leerders.
  • Die kleurekonstitusie met betrekking tot prysuitdelings.

8. HANDBOEKE EN RAPPORTE

Betaling van verlore/beskadigde handboeke moet voor 15 Desember afgehandel word sodat sodanige leerders hulle rapporte kan ontvang.

Rapporte sal op 15 Desember tussen 7:00 en 8:00 in die saal beskikbaar wees. Die ouer of leerder wat die rapport kom afhaal moet by die ingangsportaal van die skool aantree. Daar sal die persoon se temperatuur geneem en hande ontsmet word. Persone sal die saal vanaf die ingangsportaal ingaan, die rapport by die klasvoog gaan haal en dan by die voorste deure, by die verhoog, die saal verlaat. Persone verlaat dan die skoolgebou deur die matriekhek na die parkeerarea.

Neem kennis dat alle persone by die ingang- en uitgangdeure se hande ontsmet sal word en dat geen leerder of ouer die skool mag betree sonder ‘n masker nie. Sosiale afstand moet ten alle tye gehandhaaf word.

9. SKOOLFONDS VIR 2021

Skoolgeld vir 2021 beloop R28 100 per jaar vir die eerste twee kinders in ‘n gesin. Dit is ʼn verhoging van R170/leerder per maand. (6,4% verhoging).

10. AANDREEKS BORGSKAP

Daar is ʼn geleentheid vir ʼn maatskappy om as hoofborg tydens die aandreeks op te tree. Spur, wat vir baie jare die borg was, moes ongelukkig onttrek van die aandreeks.

Dit bied ʼn geleentheid vir ʼn besigheid om deel van Gelofte se grootste byeenkoms te wees. Hierdie borgskap is nie net vir die aandreeks nie, maar sluit die groot advertensiebord in wat op die hoek voor die skool (hoek van Caversham Road en Forrest Road) staan.

Kontak gerus vir Mnr. Martin by skoolhoof@gelofte.co.za, vir meer inligting rakende die geleentheid.

11. PERSONEEL WAT DIE SKOOL AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR VERLAAT

Dit is hartseer om die volgende personeel te groet wanneer hulle Gelofte aan die einde van die jaar verlaat.
• Me. Jana van Rensburg
• Mnr. Krisjan van Dyk
• Me. Anneke Barnard (wat ons gehelp het as aflos by gr.2 en ook by gr.4 en 5 Afrikaans)

Ons bedank hulle vir hulle bydrae en wat hulle vir elke kind beteken het. Ons wens hulle alle voorspoed toe.

Gelukwensings

1. PRESTASIES EN GELUKWENSINGS

Volg ons gerus op facebook by “Gelofte Skool Amptelike Blad” en op Instagram by “gelofteskoolamptelike”. Deur foto’s en prestasies op Facebook en Instagram te plaas, bereik ons baie meer ouers as deur die plaaslike koerant.

2. HAY-HOE BP MOTORHAWE

Hay-Hoe BP-motorhawe doen moeite om die skool te ondersteun. Ons versoek dus dat u hulle ook ondersteun wanneer u brandstof ingooi. U kan ‘n ondersteunerskaartjie by die skool se ontvangskantoor afhaal. U voltooi dan bloot die boek by die motorhawe wanneer u brandstof ingooi. ‘n Gedeelte van die bedrag word dan aan die skool geskenk. Daar word maandeliks ‘n trekking gehou waarin u die kans staan om ‘n gelukspakkie of ‘n karwas te wen.

• TIAGO’S” wegneemetes nou oop by HAY HOE (BP) MOTORHAWE!
• Ontvang ʼn gratis roomys wanneer u petrol koop.
• Ontvang ʼn GRATIS KARWASKAARTJIE wanneer u petrol ingooi!
• Winskope op alle motorherstelwerk!

3. VERJAARDAE – PERSONEEL

Baie geluk aan die Loffies-personeel wat in Desember en Januarier verjaar.
Ons vertrou dat hulle ʼn wonderlike dag sal hê en ons bid hulle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Maureen Van Staden 15 Des
Luzanne Nel 24 Des

2021
Elizabeth Mbatha 1 Jan
Julian Ferreira 7 Jan
Reggie Zulu 8 Jan
Mandolien Jubileus 16 Jan
Riette Havemann 24 Jan

4. VERJAARDAE – LEERDERS

Veels geluk aan die Loffies wat in Desember verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf is en sal wees en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Advertensies

No Comment

Comments are closed.