24 Julie 2020

Daar is op Donderdag, 23 Julie 2020 deur die President afgekondig dat skole vanaf 27 Julie vir vier weke gesluit sal wees.

Die datums vir die terugkeer van grade is soos volg afgekondig:

  • Die skool sal gesluit wees vanaf 27 – 31 Julie 2020.

  • Gr.12 leerders en gr.12 personeel keer terug op Maandag, 3 Augustus 2020.

  • Onthou dat 9 en 10 Augustus ʼn langnaweek is as gevolg van die vakansiedae.

  • Gr.7 leerders en gr.7 personeel keer terug op Dinsdag, 11 Augustus 2020.

  • Die res van die personeel keer terug op 17 Augustus 2020 ter voorbereiding vir die res van die grade wat vanaf 24 Augustus sal terugkeer skool toe.

Akademiese werk sal tydens die vierde week (17 – 21 Augustus) weer hervat word vir alle grade wat nie by die skool is nie. Werk sal op die verskillende grade en vakke se Whatsapp-, Youtube- , Facebook-groepe en ook op die skool se OneDrive geplaas word.

Leerders en ouers moet hierdie vakansietyd gebruik om te rus en om werk op te vang waar leerders agter geraak het.

Ons beplan dat alle grade sal vanaf 24 Augustus by die skool infaseer word. Let asseblief daarop dat sekere grade op sekere dae by die skool moet wees. Hierdie roosters sal later aan alle grade gekommunikeer word.

Hou asseblief u graad se Whatsapp-groep en D6 Communicator dop vir meer inligting rakende die infasering.

Groete

No Comment

Comments are closed.