12 April 2020

Dit is met groot teleurstelling dat ons verneem het dat die inperkingstydperk verleng is.

Ons as personeel sal nog steeds aangaan met ons lesbeplanning en aanbiedings soos ons reeds doen. Ons vra dat leerders sal byhou met die lesse en opdragte en ook asseblief voortdurend hersiening en nasorg doen om sodoende werk goed in te oefen.

Ons verstaan u frustrasie in hierdie tyd. Ons hoop en glo dat die skool binnekort sal open sodat ons die leerders weer op ʼn persoonlike-, emosionele- en akademiese vlak kan akkommodeer.

Ouers sal dadelik ingelig word rakende die heropeningsdatum, kwartaaldatums en alle ander planne wat in plek moet kom wanneer die skool weer begin. Ons wil u ook net in kennis stel dat die datums op D6 Communicator se kalender nog nie aangepas is nie. Aanpassings al gemaak word sodra die Onderwysdepartement nuwe datums aan skole kommunikeer.

Groete

Gelofte Hoof Handtekening

No Comment

Comments are closed.