20 Julie 2020

COVID-19

Die afgelope paar weke het dit meer gereeld onder die bestuur en beheerliggaam se aandag gekom dat leerders en personeel in kontak met familie en vriende was wat positief getoets is vir die COVID-19 virus.

Die volgende stappe is gevolg by elk van die aanmeldings:

  • Die Beheerliggaam en mnr. Mngoma, ons kringbestuurder, is in kennis gestel.
  • Die Departement van Omgewingsgesondheidspraktisyns is in kennis gestel om die erns van die saak vas te stel.
  • Die leerders en personeel wat hulself in sodanige omstandighede bevind, is as voorsorgmaatreël gevra om by die huis onder kwarantyn te bly (vir 14 dae) of tot hulle getoets kan word vir COVID-19.
  • Die klasse is die volgende oggend weer ontsmet voor leerders in die klas ingegaan het. (Die klasse word reeds elke dag na skool ontsmet.)

Ons wil dit net duidelik stel dat geen leerder of personeellid die afgelope tyd positief getoets is nie. ʼn Skrywe vanaf die skool sal uitgestuur word indien dit die geval is.

Ons doen weer ʼn ernstige beroep op ouers om te verseker dat leerders wat siek is, of wat simptome toon, by die huis moet bly. Leerders moet ook by die huis bly wanneer ouers simptome wys of siek voel, veral wanneer ouers getoets gaan word vir die virus. Op hierdie manier kan ons probeer pro-aktief optree om te verseker dat die virus nie die skool binnekom nie.

Hou asseblief u graad se Whatsapp-groep en die skool se D6 Communicator dop vir inligting wat met ouers gedeel word.

Groete

No Comment

Comments are closed.