29 Mei 2020

  1. Skoolhek sluit om 06:45 oop.
  2. Alle leerders moet by die hoofingang inkom.
  3. Personeel ontvang leerders by die motors in ʼn nuut geskepte “deurry” prosedure, met klaslyste, vraelys en ʼn termometer.
  4. Leerders mag nie uitklim voor hul temperatuur deur ʼn oop venster gemeet is nie. Leerders wat met hulle eie vervoer kom, volg dieselfde prosedure. Indien die leerders se temperatuur 38°C of hoër is en JA op enige vrae geantwoord is, mag die leerder nie uitklim nie en moet hulle dadelik huis toe gaan.
  5. Indien die leerder ʼn masker aan het en sy/haar temperatuur laer as 38°C is, mag hy/sy uitklim.
  6. Die leerder se hande sal ontsmet word, waarna hy/sy deur die matriekhek na die Gr.12-vierkant mag beweeg om, met sosiale afstand in ag geneem, aan te tree.
  7. Die klok vir die aanvang van die skooldag lui om 07:30, waarna leerders in die saal inbeweeg onder toesig.
  8. Skoolhek sluit om 07:45.
  9. Wanneer enige leerder of onderwyser ʼn klaskamer binnekom of verlaat, sal hul hande by die deur ontsmet word.
  10. Algemene inligting en opleiding oor COVID-19 sal aan leerders deurgegee word op die eerste dag.
  11. Geen selfoon mag gedurende skoolure aan wees nie. Indien ʼn leerder siek word moet die onderwyser in kennis gestel word. Die kantoor sal die ouer kontak.
  12. Niemand mag enige skryfbehoeftes of handboeke met ander leerders deel nie.
  13. Geen boeke mag in die klaskamers gelos word nie.
  14. Akademiese middag sal later ingefaseer word.
  15. Personeel sal steeds alle werk wat in die klas behandel is op die groepe beskikbaar stel vir leerders wat nie die klasse kon bywoon nie.
  16. ʼn Assesseringskalender sal met tyd voorsien word. Alle formele assesserings moet by die skool geskryf word.
  17. Gedurende pouse sal geen sport of kontakspeletjies tussen leerders toegelaat word nie.
  18. Daar sal te alle tye twee personeellede op die terrein aan diens wees.
  19. Streng sosiale afstand sal by die snoepie gehandhaaf word.
  20. Daar sal seep in die badkamers beskikbaar wees, maar elke leerder moet sy/haar steeds eie handontsmettingsmiddel, vir ekstra voorsorg, voorsien.
  21. Alle leë kospakkies en papiere moet in die kind se eie kosblik gebêre word en by die huis weggegooi word.
  22. Die skool kom om 14:15 uit. Ouers word versoek om reëlings te tref om leerders dadelik te kom haal.
  23. GEEN LEERDER MAG ONDER DIE AFDAKKE STAAN EN WAG NIE.
  24. Daar is geen buitemuurse aktiwiteite nie.
  25. Die skool word om 15:00 gesluit en geen badkamers sal oop wees nie. Niemand mag dan meer in die geboue wees nie, aangesien dit ontsmet word.
  26. Geen pap of sop sal pouse of voor skool in die sopkombuis gemaak word nie. Daar sal wel toebroodjies beskikbaar wees.
  27. Alle graad 12 leerders sal 12.1 se rooster volg. Die eerste week se klasrooster word aangeheg. Die dagrooster vir die eerste week verskyn op die aangehegte klasrooster

Gelofte Hoof Handtekening

No Comment

Comments are closed.