30 Junie 2020

Na aanleiding van ons huidige situasie, is daar besluit om die skoolwerk wat aan leerders gestuur word, beter te struktureer. Daar is ‘n OneDrive Lêer geskep waarop alle onderwysers voortaan die skoolwerk sal laai. OneDrive sal dus ʼn sentrale stoorplek vir akademiese werk word.

Die werk sal daagliks of weekliks gelaai word. Ander sosiale media groepe wat op WhassApp en Facebook is, sal nog steeds gebruik word om direk met ouers/leerders te kommunikeer en inligting te gee.

HOE WERK DIT?

  1. Volg die skakel na die skool se One-Drive lêer.
    U sal moontlik die OneDrive applikasie op u foon/rekenaar moet aflaai. https://gelofte.sharepoint.com/:f:/s/GelofteSkool/EgWQyLXYBLpBiygKgWrh0HABmTb7TvgCZ1t06AypqGaf2Q?e=ud0Z2X
  2. Die volgende maak oop:
  3. Daar is ‘n lêer vir elke graad geskep. Klik op die graad waarin u kind is.
  4. ‘n Lys van vakke verskyn
  5. .

Klik op die relevante vak om die werk vir daardie vak te kry.

Akademiese inligting sal voortaan nie meer op D6 Communicator beskikbaar wees nie, maar op OneDrive.

Ons vertrou dat hierdie stelsel u onderrig tuis sal vergemaklik.

Vriendelike groete

No Comment

Comments are closed.