14 Aug 2020

Kwartaal 3 – Heropening van skool vir leerders, op Maandag 24 Augustus 2020

Ons hoop u het die ruskans geniet en ons sien uit daarna om u kind weer terug te verwelkom by die skool. Graad 12 leerders het reeds op Maandag, 3 Augustus 2020 met kwartaal 3 begin.

  1. Akademiese werk sal tydens die week (17 – 24 Augustus) vir alle grade, wat nie by die skool is nie, hervat word. Werk sal op die verskillende grade en vakke en Whattsapp-groepe en ook op die skool se OneDrive geplaas word.
  2. Tydens kwartaal 3 gaan daar geen sport of kultuuraktiwiteite wees nie. Die fokus sal op akademie wees.
  3. Die graad 8- en graad 9 leerders mag op 24/25 Augustus terugkeer skool toe.
  4. Neem kennis dat alle grade elke tweede dag skool mag bywoon behalwe die Graad 12 leerders wat elke dag skool mag bywoon. Hierdie reëling geld tot 18 September. Vanaf 21 September sal graad 11 en graad 10 leerders elke dag skool mag bywoon aangesien die Graad 12 leerders dan besig is met hul proefeksamen. Die graad 8 en graad 9 leerders sal steeds slegs elke tweede dag skool mag bywoon. Hierdie reëlings moet getref word om te verseker dat ons voldoen aan die COVID-19 protokol en ag gee aan die sosiale afstand wat gehandhaaf moet word.
    Die onderskeie datums wat leerders skool mag bywoon is soos volg:
Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
24 Augustus 25 Augustus 26 Augustus 27 Augustus 28 Augustus
Graad 8 Graad 9 Graad 8 Graad 9 Graad 8
Graad 10 Graad 11 Graad 10 Graad 11 Graad 10
Graad 12 Graad 12 Graad 12 Graad 12 Graad 12

 

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
31 Augustus 1 September 2 September 3 September 4 September
Graad 9 Graad 8 Graad 9 Graad 8 Graad 9
Graad 11 Graad 10 Graad 11 Graad 10 Graad 11
Graad 12 Graad 12 Graad 12 Graad 12 Graad 12

Tot en met 18 September mag die graad 8 en graad 10 leerders elke tweede dag skool bywoon. Die graad 9 en graad 11 leerders sal elke alternatiewe dag skool mag bywoon.
5. Die skoolhek sluit om 06:45 oop.
6. Alle leerders moet by die hoofingang inkom en nadat alle prosedures, soos die afgelope tydperk gevolg is, beweeg hy/sy deur die matriekhek na die onderskei areas vir die spesifieke grade.
7. Die klok vir die aanvang van die skooldag lui om 07:30.
8. Na 7:30 moet leerders inteken by die administratiewe kantoor. GEEN leerders mag net afgelaai word sonder dat hul temperatuur eers gemeet is nie.
9. Die skool kom om 14:15 uit en ouers moet reëlings tref om leerders dadelik te kom haal.
10. GEEN LEERDER MAG ONDER DIE AFDAKKE STAAN EN WAG NIE.
11. Die skool word om 15:00 gesluit en geen badkamers sal oop wees nie. Niemand mag dan meer in die geboue wees nie, aangesien dit ontsmet word.
12. Die eerste week se klasrooster word aangeheg vir die Graad 10 – en Graad 11 leerders.
13. Ons versoek dat ouers vir die volgende redes leerders by die huis moet hou:

  • U kind is siek of wys simptome van COVID-19.
  • Ouers is siek en wys simptome van COVID-19.
  • ʼn Leerder was, of in kontak met ʼn persoon wat COVID-19 het, of ʼn leerder se ouers is in die proses om getoets te word vir COVID-19.

Dit is belangrik dat ouers by hierdie reëlings sal hou, sodat ons die skool se leerders en die gemeenskap kan beskerm deur pro-aktief op te tree.

Dankie vir u samewerking.

No Comment

Comments are closed.