GELOFTE SKOOL
ONS PRESTEER
Akademie
Baie geluk aan ons matrieks van 2023. Gelofte Skool is die top Afrikaanse skool in KZN.
Sport
Loffies blink uit op sportgebied en lewer elke jaar KZN Provinsiale deelnemers en sportspanne op.
Kultuur
Provinsiale en streeks wenners is niks nuut nie. Ons presteer in Tienertoneel, Redenaars en Koor.
Vir Gelofte Skool is dit belangrik dat:
- Hoë akademiese standaarde gehandhaaf word
- Onderwys gegrond word op Christelike beginsels
- Afrikaans as die onderrigmedium behou word
- Personeel bekwaam, kundig en toegewyd sal wees
- Elke leerling gemotiveer word om sy/haar volle potensiaal te bereik
- Elke leerling gemotiveer word om sy/haar volle potensiaal te bereik
- Leerlinge fisies, sosiaal en kultureel ontwikkel word
- Personeel en ouers sal saamwerk as opvoedingspan
- Effektiewe bestuur van die skool gehandhaaf word
- Reëls en dissipline streng toegepas word ten einde ‘n harmonieuse en stimulerende opvoedkundige omgewing te verseker
HELP MY ASSEBLIEF
EK WIL MEER WEET OOR..
WORD DEEL, MAAK 'N VERSKIL
KLUB100
Klub 100 is 30 jaar gelede gestig. Die lede van die klub bestaan uit huidige ouers van die skool sowel as Oud-Loffies.
Ons fokus daarop om fondse in te samel met funksies en sosiale byeenkomste. Die winste word direk aangewend tot voordeel van die skool en die leerders sodat die ouers, Loffies en Oud-Loffies trots kan wees op die skool.
Voorsitter:
Thoniel van der Walt
0827867067
Onder-Voorsitter:
Renier van der Merwe
0718814095
Op Kultuur gebied:
Tienertoneel:
- 2018: Wenners van die Durban streeksfees “Geraamtes in die kas”.
- 2019: 2de tydens Durban streeksfees “Ontsnap”.
- 2021: 2de tydens Durban streeksfees. Emjee Groesbeek ontvang Beste Akteur in ‘n hoofrol. “Eetlus”
Redenaars:
- Ryan Benade, gr 7, provinsiale wenner in 2021.
- Franco Baard, gr 12, provinsiale wenner in 2018.
- Anri van Graan, gr 12, provinsiale wenner en behaal 8ste plek nasionaal, in 2019.
- Leigh Janse van Rensburg , Gr. 7, provinsiale wenner in 2018.
Koor:
- Gemma van Staden, Charlize van Staden en Stephan Kruger verteenwoordig die KZN jeugkoor in 2020 en 2021.
- Kaelyn Moffat is ook deel van die koor in 2019
Op Sport gebied:
Netbal:
- Die o. 18-eerstespan kom 3de in KZN in 2022.
- Die o. 14-span kom 1ste in KZN in 2019.
- Mikhaela Vorster, Megan Murray, Anleroux van Tonder en Diné van der Merwe verwerf provinsiale kleure in 2022.
- O. 18-eerstespan wen die Gelofte Aandreeks in 2022.
- Nadine Hefer, Marissa Prinsloo, Diné van der Merwe en Amelia Furstenburg verwerf provinsiale kleure in 2021.
- Marissa Prinsloo en Diné van der Merwe verwerf KZN Aksienetbal in 2022.
Rugby:
- AJ Knox, o. 12, verwerf provinsiale kleure in 2022.
- O. 18 eerste span wen die Gelofte Aandreeks in 2022.
Hokkie:
- Die o. 14-span wen hul binnenshuise hokkieliga in 2022.
Atletiek:
- Nadine Hefer behaal 2de plek in gewigstoot o. 17, in 2022.
- Lize Munro (o. 12), AJ Knox (o. 10) en Arther Greeff (o. 11) ontvang goue medaljes by die KZN Kampioenskappe in 2020.
- Arthur Greeff (o. 11) ontvang die trofee vir die beste seunsatleet met die beste prestasies vir die dag by die KZN Kampioenskappe in 2020.
Op Akademiese gebied:
2020:
- Stephan Krüger behaal sewe onderskeidings in 2020. Hy het die tweede hoogste Fisiese Wetenskap-punt in die land – 100%.
- Die matrieks van 2020 het 'n gemiddelde persentasie van 62,6% behaal met 80,8% van die leerders wat geslaag het met universiteitsvrystelling.
- Vier en veertig persent van die matrieks het geslaag met 'n gemiddeld van 60% of hoër.
- Daar was 59 vakonderskeidings.
2021:
- Gelofte Skool het 4de plek behaal op die Top 20 - klein Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings landwyd.
- Baie geluk aan ons matrieks van 2021 met ‘n 93,9% slaagsyfer en 79,6% universiteitsvrystelling.
- Daar was 49 vakonderskeidings.
- Ruan Radley behaal vyf onderskeidings.
- Gelofte Skool word vereer met die beste slaagsyfer in Wiskunde Geletterdheid onder kwintiel 4 skole in die Pinetown Distrik.
- Ons behaal die beste slaagsyfer in Engels Eerste Additionele Taal in die Pinetown Distrik.
LOFFIEDRAG
GELOFTE SKOOLDRAG
Loffies is netjies en voldoen ten alle tye aan die skooldrag en reëls.
Grade 1 – 9
In grade 1 tot 9 word die UGO-leerareas soos deur die onderwysdepartement voorgeskryf aangebied.
Grade 10 – 12
In grade 10 tot 12 word die volgende vak kombinasies aangebied:
Verpligte vakke – Afrikaans, Engels en Lewensorienteering – 1 keusevak uit elke kombinasie word toegelaat.
Neem asb kennis van die verandering in
ons bank besonderhede.
Stuur bewys van betaling na gsfinance2@gelofte.co.zaen gebruik u kind se toelatingsnommer as verwysing.